Opsomming : Daar sal vir die volgende paar ure Telkom kontrakteurs werksaam wees aan Telkom infrastruktuur in Orania.
Let asseblief daarop dat daar vir die volgende paar ure nie-Afrikaner kontrakteurs van Telkom sal werk aan die verwydering van sekere verouderde infrastruktuur van Telkom. Die werk word agter die Karoosig-aftreeoord gedoen.
Hierdie arbeid is reeds vantevore deur die Arbeidspaneel goedgekeur, maar word steeds van tyd tot tyd uitgevoer, soos byvoorbeeld vandag die geval is.
U is, soos altyd oor enige onderwerp, welkom om kommentaar aan die Dorpsraad te lewer deur die volgende skakel te gebruik: https://myorania.co.za/kontak-ons/.