016/2026
16 Februarie 2026
Geagte Oraniërs,
VAKANTE POS AS ADMINISTRATIEWE ASSISTENT: REGSPLEGING
Opsomming : Daar is ‘n pos beskikbaar as Administratiewe Assistent : Regspleging. Aansoeke sluit op 16 Maart 2026.
Oor die pos
Orania Regspleging staan op die voorpunt van die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde regspleging onder Afrikaners en word deur die Orania Dorpsraad operasioneel ondersteun en bestuur terwyl Regspleging onder die toesig van die Orania Regsraad dien. Daar is ’n behoefte aan administratiewe ondersteuning by die afdelings van Regspleging en Verblyfreg.
Die assistent sal hoofsaaklik in die afdeling van Regspleging werksaam wees, met verdere bystand van tyd tot tyd in die afdeling Verblyfreg en soos deur die Hoof van Verblyfreg en Regspleging bepaal.
Verantwoordelikhede
Die suksesvolle kandidaat sal die volgende verantwoordelikhede hê:
* Om onder leiding van die Aanklaer (Regspleging) verantwoordelikheid te neem vir die fasilitering en administrasie van mediasies, arbitrasies en dissiplinêre verhore. Voormelde geskied in lyn met Orania se interne prosesse vir alternatiewe geskilbeslegting sowel as dissiplinêre kode.
* Om onder leiding van die Verblyfreg: Administratiewe Koördineerder administratiewe- en verwante take uit te voer.
* Gereelde kommunikasie met lede van die publiek.
* Administratiewe ondersteuning vir die Orania Regsraad en die Orania Regspaneel.
* Ander administratiewe take soos nodig mag blyk, insluitend die bestuur van digitale administratiewe stelsels.
Vereistes vir ’n suksesvolle aansoek
Die suksesvolle kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:
* oor verblyfreg in Orania beskik;
* ‘n sterk verbintenis hê tot die strewe van Orania tot selfbeskikking en ‘n verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen;
* ’n Belydende Christen;
* deeglike begrip toon van die Orania-gedagte;
* ’n matriek (graad 12) kwalifikasie;
* die handhawing van goeie menseverhoudinge en die vermoë om onafhanklik te kan funksioneer, organiseer en beplanning deur te voer;
* goed kan saamwerk met die verskillende afdelings in die Dorpsraad;
* verantwoordelik en het die vermoë om vertroulikheid te handhaaf;
* uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans, insluitend skryfwerk; en,
* goeie rekenaarvaardighede.
’n Regsagtergrond is nie verpligtend nie, maar kan tot voordeel vir die kandidaat wees.
Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op 16 Maart 2026 om 16:30 by die Orania Dorpskantoor ingedien word. Skakel die Dorpskantoor by 053 207 0064 vir navrae. Aansoeke kan per e-pos of harde kopie ingedien word. Stuur e-pos aansoeke aan jan@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal aanvaar word.
Datum waarop diens aanvang neem
Dit is die oogmerk van Orania Regspleging om ’n aansoeker aan te stel wat nie later nie as 1 Mei 2026 met sy of haar diens kan begin. Dit is moontlik, indien dit vir die suksesvolle kandidaat geskik sou wees, om op ’n vroeër datum (1 April 2026) reeds met sy of haar diens te begin.
Vriendelike Groete,
Jan van Zyl
Hoof : Regspleging
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…