013/2026
6 Februarie 2026
Geagte Oraniƫrs,
VERSKONING VIR VROEĆ LAWAAI
Opsomming : Inwoners word versoek om tegemoetkomend te wees wanneer dorpsraadpersoneel reeds teen 05:00 soggens in die dorp aan die werk is.
OraniĆ«rs is deeglik daarvan bewus dat ons tans in die warmste maande van die jaar is, en dat dit baie stremmend op ān mens se liggaam kan wees om fisiese aktiwiteite te verrig, veral in die middae.
In ān poging om hierdie ekstreme toestande te akkommodeer, is daar gereeld spanne van byvoorbeeld Gemeenskapsdienste of Ingenieursdienste wat ān paar ure vroeĆ«r as normaalweg inval, sodat hulle teen ongeveer 14:00 reeds kan uitval en die ergste hitte kan vermy.
Hierdie praktyk het egter tot gevolg dat spanne wat byvoorbeeld bossiekap doen of aan die paaie werk, soms reeds teen 05:00 soggens ān mate van lawaai kan veroorsaak. Ons hoop dat inwoners hierdie geringe ongerief met vriendelikheid sal verduur, aangesien dit tot almal se voordeel strek wanneer ons buitespanne toegelaat word om hul volle dag se arbeid onder leefbare toestande te verrig.
Ons is dankbaar vir elke geharde Oraniƫr wat fisiese opofferings maak terwyl ons gemeenskap voortbou aan ons Afrikaner-tuiste.
Vriendelike Groete,
Burger Lambrechts
Hoof : Inligting en Skakeling
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…