Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
WEES BEDAG OP KLUGSPUL OOR VOORAFBETAALDE ELEKTRISITEITSEENHEDE
Opsomming : Daar is tans ’n advertensie wat die rondte doen en baie goedkoop elektrisiteit adverteer. Dit is egter in der waarheid ’n slenter en inwoners moet asseblief nie daarop reageer nie.
Die bedrieglike boodskap lui soos volg:
“GOEDKOOP ELEKTRISITEITSEENHEDE BESKIKBAAR ⚡ Pryslys is soos volg:
•R300-1150untis •R350-1650eenhede •R500-2500eenhede •R600-3500eenhede
•R700-4500eenhede •R800-5500eenhede •R1000-7500eenhede •R1500-10500eenhede
Ons voorsien elektrisiteit vir enige meter nommer/tipe, insluitend: – Eskom – Conlog -munisipale -CItiq Prepaid – Metermaat
Whatsapp 073 068 1606″
Die nommer wat verskaf word is geregistreer in die naam van ‘n Charmaine Erasmus, maar dit is nie geverifieer nie en dit is ook nie bevestig dat die persoon ’n inwoner is nie.
Hierdie advertensie is ’n klugspul en die geadverteerde pryse is selfs laer as Eskom se direkte tariewe. Dit is dus onmoontlik dat enige krag-eenhede gelewer sal word en enige betalings aan daardie nommer sal eenvoudig tot geldverlies lei.
Die Orania Dorpsraad se amptelike tariewe is soos volg:
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Vriendelike groete,
Ettiene de Lange
Hoof : Orania Veiligheidsdienste (OVD)
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…